per unitatem fortitudinem SADF Veterans Organisation - Veterans Supporting Veterans ORDE VAN DIE BOSHOED ORDER OF THE BUSH HAT
CONTACT US BY EMAILING OR CALLING ON THE CONTACT DETAILS BELOW
 Schalk Langeveldt – Email schalk.langeveldt@ovdbh.co.za  FOR PAYMENTS Accounts@ovdbh.co.za FOR GENERAL INQUIRIES info@ovdbh.co.za FOR APPLICATIONS applications@ovdbh.co.za FOR CUCCA SHOP PURCHASES cucca.shop@ovdbh.co.za
Alternatively, connect via social media
NEWSLETTER COMING SOON! Subscribe now! Email info@ovdbh.co.za
Written by Chris Esterhuizen
A preview...  TITLE: OP DIE DAG 44 JAAR GELEDE Volg op my vorige skrywe... So land ons toe.. die Flossie kruip stadig deur ander vliegtuie agter geboue in waar niemand ons kan sien afklim nie... mooi in gelid deplane ons.. Die vars lug bliksem my... het n opregte bangbabbalas.. my lewer klap hande.. so waggel ek na n lokaal toe.. Daar aangekom word ons verwelkom met koffie en toebroodjies ... Daar was darem ook lemoensap.... die uwe nie lus vir koffie of brood nie en verdrink my maar aan die sappies... Toe terug boop Bedfords wat toegespan is met bruin seile... dis flippen warm daarbinne... So vat ons die pad verby Bindura op pad na Mt Darvin... ons kamp zero.. Net buite Bindura begin ons Big Daddy met rukkings soos my Babbelas.. Kry skaars 30mph uit haar uit... ons stop en soek die fout maar kry niks... Die ander ry maar aan.. So stop ons elke 10km of so en kom agter dis die diesel wat warm word.. Ou Joe van Mariental bedink vinnig n plan en steel n stuk draad van n heining langs die pad... kry n blik koffie beet en sny hom oop... Wat gebeur het was die uitlaatstel buig weg net voor die dieseltank en die het daar deur gebrand en blaas nou warm uitlaat op die tank... Joe las hom maar toe is ons reeds baie laat... Kom n Jeep aangejaag van vooraf met n bedonnerde majoor wat ons net wil opvok omdat ons so ver agter raak... Jaag ons almal af en laat ons aantree... Hy en twee manne deursoek al ons balsakke, klere en alle wegsteek plekkies... Die boks het gedink ons het langs die pad gestop om dop te koop... en ja ons moes uitrek ook.. so deeglik het hulle gesoek... ons moes tot die sandsakke afpak en terugpak voor hy eers na ons verskoning wou luister.. Dit daar gelaat... Kom op Mt Darvin aan om by die ander aan te sluit word daar besluit dat dit te laat is om voort te beweeg Rushinga toe.. Ons moet TB buite die dorpie... want sien daar is n kroeg en bottelstoor daar... Dis mos te verstane neh... So ja my wagstaan straf het begin.. die kakskof.. 04h00-06h00 met klaarstaan.. Kyk skuins en sien ander Bigdaddy's in n ry geparkeer staan.. So word ons in seksies op hulle gelaai.. Drywers word ge ID en die kies sy co-drywer... Gelukkig vir my was ons drywer kst Danie Byleveldt van Boksburg Radio stasie.. ons beide van die Oos Rand.. Hy kies my toe.. en daar trek ons... hierdie keer is dit oopbak daddy's met n bank deur die middel waar die manne rug teen rug sit.. Ou Danie het vroegoggend al ons Daddy gekies... en aangesien beide van ons Datsun 1600 SSS fans was het die betrokke een SSS op sy dak geverf gehad... en o ja daar was geen deure aan die kante nie... So vat ons die pad in gelid... ek en hy gesels oor kak wat beide van ons aangeja het toe ons beide op Boksburg gestationeer was... ( Meer hieroor later. n storie op sy eie) Nouja ons ry twede van voor af... net om terug te kom... daar staan altyd twee manne regop teen die bak om uit te kyk vir landmyne.. so het ons ook twee gehad... Nou nader ons bergareas en die pad gaan deur twee hoe hewels wat amper loodreg aan beide kante vertoon... daar is skaars plek vir twee voertuie om bymekaar verby te gaan... ons lag nog so vir die manne op die voorste wa oordat hulle so rondskut en ons op lekker sitplekke... Die volgende oomblik .... Ek voel soos n droom... vlieg... ore toe...... dan le ek langs die pad... medic n sers Botha... by my toe ek my oe oopmaak.. die swaelreuk, stof... skote... verwaas en deurmekaar.. iemand huil... ja ek het op skool vir n club geboks en ek voel asof ek disnis geslaan was.. selfde gevoel waar jy nie weet waar jy is nie en mense beweeg in slowmo... ek waggel orent en Danie langs my.. hy skree iets van Essie is OK... daai reuk sal ek seker nooit vergeet nie... Die persoon wat gehuil het was oor sy maaitjie Piet wie se wang oopgeskeur was agv die wielrubber wat tussen die bak en cab opgeslaan het... Sy wond sommer daar ontsmet en steke ingesit... Nodeloos om te se die twee se name van daai dag af was Piet Landmyn en SADSACK omdat hy oor Piet gehuil het... hulle twee saam my Danie en nog 3 Ander was saam in n Stick gedeel vir die res van die tyd... Toe ons uiteindelik by ons basis Rushinga aankom kry ons almal 4 blikkies bier en braaivleis... Weg was my kotsopgelede straf... Die volgende oggend hoor ons dat die RLI het n opvolg gedoen en 12 leplekke aan beide kante van Ambush valley was... ja toe hoor ons eers die naam van die plek... as ons die vorige dag daardeur was was daar lelike dinge sonder twyfel... Nouja daar is daai switchie hier in jou kop heeltemal aangeskakel en het ons as ons so n plek weer tee gekom het eers gesweep voor ons met voertuie daar deur is... Dankie vir u belangstelling en.... Boshoed Groete...
DISCLAIMER: WEBSITE DESIGNED BY: OVBH takes no responsibility for inaccuracies on the site. Pecan Nut Publishers Email stacey@staceface.com
READ MORE: ordevandieboshoed.blogspot.co.za